Bergfietse - Sitrusfees

2019 Magaliesberg Sitrusfees
Go to content

Bergfietse

Die sewentiende Magalies Monster MTB Challenge vind op 1 Junie 2019 plaas. Op 2 Junie 2019 is dit die Trail Run. Die Challenge het in getalle en reputasie gegroei sedert die nederige begin daarvan deur 240 ryers in 2003. Die volgende jaar was daar 660 ryers en teen 2016 het die aantal inskrywings tot 2000 toegeneem. Hierdie jaar verwag ons dat minstens 2000 ryers aan die verskillende items gaan deelneem.


Deelnemers het drie afstande om uit te kies (die 75 km Monster, 'n 45 km Wedren en 'n 20 km Pretrit). Dit bied aan alle vlakke van bergfietsentoesiaste die unieke geleentheid om van die beste bergfietsroetes in die land aan te pak. Die ontsagwekkende roetes het alles wat 'n kwaliteit bergfietsren moet hĂȘ: . . berge, stywe opdraendes, tegniese enkelspoor, rollende jeepspore, adrenalien-opjaende afdraandes en 'n pragtige omgewing - alles in die hart van die Magaliesbergreeks, slegs een-en-'n-half uur vanaf Pretoria en Johannesburg!! Reuse prysgeld word vir die wenners en medaljes vir alle klaarmakers word aangebied!

Die
Magalies Monster MTB Challenge maak deel van die Magaliesberg Sitrusfees uit, wat jaarliks sowat 15 000 besoekers trek. Hierdie fees vind by die ATKV oord Buffelspoort plaas, wat beteken dat daar baie te eet, te sien en te doen is vir die hele gesin.


Inskrywings: www.stillwatersports.com

Back to content