Hoof - Sitrusfees

2019 Magaliesberg Sitrusfees
Go to content

Hoof

Toegang:
Volwassenes R 50,00 p/p
Hoërskoolkinders R 30,00 p/p

Onder 12: Gratis



Geen eie drank toegelaat


26 Mei tot 27 Mei 2018: Die EEN-EN-TWINTIGSTE Sitrusfees!

(Sal aangekondig word): Magalies Monster MTB Challenge en Trail Run


Van ‘n beskeie begin in 1998 het die Magaliesberg Sitrusfees ontwikkel tot ‘n uiters suksesvolle en gewilde kuierfees. Van die sowat 3000 mense in die eerste jaar het die bywoning konstant gegroei tot 15 000 feesgangers in 2016. Dit kan ‘n mens tereg laat vra: Hoekom is die fees so gewild? Dalk lê die antwoord in ons logo: Proe die berg! Die Magaliesberg en sy mense is bekend vir hulle vriendelikheid en gasvryheid. Dit is kuiermense. En waar daar gekuier word, word daar geëet. Voeg daarby die asemrowende natuurskoon wat die Magaliesberge bied en jy het ‘n unieke resep vir ‘n suksesvolle fees. Die ATKV-oord Buffelspoort met sy vyfster fasiliteite is die ideale plek om so ‘n fees aan te bied.

Ons omgewing is bekend vir sitrus – veral nartjies en valensia lemoene. Vandaar die naam Sitrusfees
. Feesgangers kry die geleentheid om die sappigste soetste sitrus teen weggeepryse te koop. Egte, ongepreserveerde Magalies sitrussap is beskikbaar en is uiters gewild. En dan is daar natuurlik die bekende en beroemde Sitrusmampoer. Van likeure tot “shooters” - wat enige fynproewer sal laat saamstem dat die Magaliesberg Sitrusfees se mampoer die beste is!

Die fees vind elke jaar tydens die laaste helfte
van Mei plaas. Saterdag word daar heerlik gekuier terwyl gaskunstenaars die nodige atmosfeer verskaf. Sondag vind 'n Christusfees plaas, met 'n kunstenaar wat die gewyde gebeurtenis aanvul.

  • Op 2 Junie spring sowat 2 000 fietsryers weg om die berugte Magalies Monster MTB Challenge te takel (www.stillwatersports.com). Op 3 Junie is dit die befaamde Trail Run.

  • Gedurende Saterdag 26 Mei speel meer as 110 spannetjies in ons reeds beroemde Bulletjie rugbytoernooi.
  • Sowat 60 netbalspannetjies neem gedurende die oggend deel aan ons netbaltoernooi.
  • Talle vlooimarkstalletjies wat van klere en blomme tot allerlei snuisterye aanbied, is heeldag beskikbaar. (ALLE BESKIKBARE STALLETJIES VIR 2018 IS REEDS OPGENEEM - BESPREEK VROEG VOLGENDE JAAR VIR U STALLETJIE!)


Sondag word die fees met ‘n Christusfees afgesluit, waarna daar vir oulaas weer saam gekuier en geëet word.

Kom geniet die Gospelsangers wat gaan optree en daarna gaan daar heerlik saamgeeet word. Spyskaart sal eersdaags bekend gemaak word.

Wat om te doen?


Bulletjie rugby Sterretjie netbal Skoonheidskompetisies

Biltong

Pap en kaiings

Vars vleis

Teetuin en Biertuin

Tuisgebak

Klere

Vlooimark met handgemaakte produkte

Vermaak vir kinders insluitend pretpark, ponieritte en glybane

Sitrusprodukte

Kunstenaars

Kos

Back to content