Stalletjies - Sitrusfees

2019 Magaliesberg Sitrusfees
Go to content

Stalletjies

ALLE STALLETJIES VIR 2019 IS REEDS TOEGEKEN. PROBEER VOLGENDE JAAR WEER!!

ALL STALLS FOR 2019 HAVE BEEN ALLOCATED. PLEASE TRY AGAIN NEXT YEAR!!


‘n Kleurvolle deel van die Magaliesberg Sitrusfees word deur die vlooimark gebied. ‘n Hele aantal stalletjies wat alles verkoop wat normaalweg met ‘n kwaliteit vlooimark geassosieer word, is versprei oor ‘n terrein wat spesiaal hiervoor opsy gesit is. Hier kan u na hartelus soek na daardie spesiale item wat u nog altyd ontwyk het!

Voornemende stalletjiehouers word uitgenooi om op die aansoekvorm
hier onder aansoek om ‘n stalletjie te doen. Die beginsel van eerste daar, eerste gehelp word streng gehandhaaf. Let asseblief op die volgende voorwaardes:

  • U is vir u eie toerusting en elektriese verlengkoorde verantwoordelik.
  • Geen roofitems of ongemagtigde kopieë sal toegelaat word nie.
  • Geen eetware of drinkgoed mag verkoop word nie.
  • Geen klappers / vuurwerke / stinkbomme, ens.
  • Geen BB-gewere of koeëltjies
  • Oosterse speelgoed / speelgoed met 'n Oosterse invloed
  • Geen tatoërings
  • Die Magaliesberg Sitrusfees ondersteun Christelike waardes en laat geen produkte toe wat dit nie ondersteun nie
  • Die stalletjiegrootte wissel en prys word bepaal volgens ligging en grootte.


Back to content