Vlooimark - Sitrusfees

2019 Magaliesberg Sitrusfees
Go to content

Vlooimark

Laai aansoekvorm af

Laai stalletjie uitleg af

of

Voltooi vorm hieronder

Sluitingsdatum / Closing date: 18 Mei/May 2019


EPos Adres: SitrusfeesStalletjies@gmail.com


MAAK ASB SEKER DAT DIE STALLETJIE WAARVOOR U AANSOEK DOEN, NOG BESKIKBAAR IS!!
PLEASE ENSURE THAT THE STALL WHICH YOU APPLY FOR IS STILL AVAILABLE!!


‘n Kleurvolle deel van die Magaliesberg Sitrusfees word deur die vlooimark gebied. ‘n Hele aantal stalletjies wat alles verkoop wat normaalweg met ‘n kwaliteit vlooimark geassosieer word, is versprei oor ‘n terrein wat spesiaal hiervoor opsy gesit is. Hier kan u na hartelus soek na daardie spesiale item wat u nog altyd ontwyk het!

Voornemende stalletjiehouers word uitgenooi om op die aansoekvorm
hier onder aansoek om ‘n stalletjie te doen. Die beginsel van eerste daar, eerste gehelp word streng gehandhaaf. Let asseblief op die volgende voorwaardes:

  • U is vir u eie toerusting en elektriese verlengkoorde verantwoordelik.
  • Geen roofitems of ongemagtigde kopieë sal toegelaat word nie.
  • Geen eetware of drinkgoed mag verkoop word nie.
  • Geen klappers / vuurwerke / stinkbomme, ens.
  • Geen BB-gewere of koeëltjies
  • Oosterse speelgoed / speelgoed met 'n Oosterse invloed
  • Geen tatoërings
  • Die Magaliesberg Sitrusfees ondersteun Christelike waardes en laat geen produkte toe wat dit nie ondersteun nie
  • Die stalletjiegrootte wissel en prys word bepaal volgens ligging en grootte.


Koste: R 650,00 / R 1 150,00 (sien uitleg hieronder)

Enige verbreking van enige voorwaarde mag lei tot die onmiddellike opskorting van die aktiwiteite en afsetting vanaf die terrein.

AANSOEKE VIR STALLETJIE RUIMTE:
  • Voltooi aangehegte aansoekvorm of die elektroniese aansoekvorm op die webtuiste
  • Dui u keuse van ‘n stalletjie aan (gee ‘n tweede en derde keuse ook aangesien toekennings op ‘n “First come, first serve” basis hanteer word)
  • U sal ‘n epos ontvang waarin u ingelig sal word of u aansoek suksesvol was asook inligting rondom die betaling.
  • Betaling moet binne 5 dae gedoen word nadat u die epos ontvang het.  Indien nie, sal die stalletjie aan ander aansoekers beskikbaar gestel word. Moet asseblief nie ‘n betaling doen voordat u bevestiging ontvang het nie.
  • U sal ‘n epos ontvang nadat betaling ontvang is.  Dit is u bewys om toelating op die dag van die uitstalling tot die oord te kry.
  • Stalletjies A1, B1, B6, B7, B11, C1, C6, C7, C11, D1, D6, D7, D11, E1, E6, E7, E11 en G1 is 4X6 meter en koste is R1 150.

Aansoekvorm

Back to content