TERUGBLIK.

Van ‘n beskeie begin in 1998 het die Magaliesberg Sitrusfees ontwikkel tot ‘n uiters suksesvolle en gewilde kuierfees. Van die sowat 3000 mense in die eerste jaar het die bywoning konstant gegroei tot 15 000 feesgangers in 2016. Dit kan ‘n mens tereg laat vra: Hoekom is die fees so gewild? Dalk lê die antwoord in ons slagspreuk: Proe die berg! Die Magaliesberg en sy mense is bekend vir hulle vriendelikheid en gasvryheid. Dit is kuiermense. En waar daar gekuier word, word daar geëet. Voeg daarby die asemrowende natuurskoon wat die Magaliesberge bied en jy het ‘n unieke resep vir ‘n suksesvolle fees. Die ATKV-oord Buffelspoort met sy vyfster fasiliteite is die ideale plek om so ‘n fees aan te bied.

23

JAAR VAN

FEESPRET.

In die Sitrus Hartland.

Ons omgewing is bekend vir sitrus – veral nartjies en valensia lemoene. Vandaar die naam Sitrusfees. Feesgangers kry die geleentheid om die sappigste soetste sitrus teen weggeepryse te koop. Egte, ongepreserveerde Magalies sitrussap is beskikbaar en is uiters gewild. En dan is daar natuurlik die bekende en beroemde Sitrusmampoer. Van likeure tot “shooters” – wat enige fynproewer sal laat saamstem dat die Magaliesberg Sitrusfees se mampoer die beste is!

Die fees vind elke jaar tydens die laaste helfte van Mei plaas. Saterdag word daar heerlik gekuier terwyl gaskunstenaars die nodige atmosfeer verskaf. Sondag vind ‘n Christusfees plaas, met ‘n kunstenaar wat die gewyde gebeurtenis aanvul.

picture.png
ONS FEES IN FOTOS.
picture.png
ONS FEES IN STORIES.

Ons fees is sinoniem vir

FAMILIEPRET.

Dankie aan elkeen wat deur die jare gehelp het om ons fees ‘n ware ikoon te maak!​